FISIOLOGIESE LANDBOU
Bio-Ekstrakte
Dit is 'n goeie basiese Praktyk in Biologiese Boerdery om gereeld Bio-Ekstrakte of soos soms genoem "Kompos-tee" of aftreksels daarvan te gebruik. Sodoende word verseker dat;
• die Plant se Biosfeer, maw Blaredak en die Wortelsone, Biologies beskerm word, deur Gunstige en Voordelige Mikrobes
• Onderdrukking van Oppertunistiese Patogene plaasvind deur hul of buite aksie stel, hetsy deur kompetisie of parasitisme of antagonistiese werking
• Mineralisering van voedingstowwe plaasvind,
• Die Vrystelling van Natuurlike Groeistimulante en Komplekse Voed-ingstofverbindings gereeld plaasvind.
Die probleem is egter dat die gebruiker NIE weet watter mikrobes hy toedien nie. Kompos bestaan uit Voordelige mikrobes EN Patogene, afhangende van die bron van materaal wat gebruik is vir kompostering.
Karabos gebruik Teiken-gerigte Mikrobes om Bio-Ektrakte te broei wat gereeld toegedien word op die blaredak en in die wortelsone. Sodoende word beheer verkry van Grondgedraagde- EN Plantsiektes. Deur verder gebruik te maak van Gebalanseerde voeding word Gewas en Mikrobe-lewe onderhou.
Bio-Ekstrakte word op die volgende wyse berei en bestaan uit twee komponente of Mikrobesamestellings;
1. Aerobe Mikrobes wat vermeerder word deur konstant Lug deur Broeimengsel te Borrel, betaande uit onder andere;
a. Bakterie
• Bacillus spp
• Azotobacter sp
• Pseudomonas spp
• Brevabacillus sp
b. Swamme
• Trichoderma spp
• Paecilomyces sp
2. An-aerobe Mikrobes wat onder toestande van GEEN lug teenwoordig vermeerder, bestaande uit onder andere;
• Verskeie Streptococcus spp
• Verskeie Lactobacillus spp
• Verskeie An-aerobe en Fakultatiewe an-aerobe bakterie
Die onderstaande Bio-Ekstrak behoort baie effektief te wees teen Bakteriese verwelk, grondgedraagde siektes en sekere insekplae, sowel as sommige gewassiektes.
Ten einde suksesvolle Bio-Ekstrakte te broei, moet die Bakterie en Swamme apart gebroei en toegedien word.
NATUURLIK kan ONS op JOU PLAAS ‘n VERSKIL maak |