FISIOLOGIESE LANDBOU
Biologiese balanse aanspreek soos wat die natuur dit sou verkies, naamlik:
Onderhoud van Grondbiologie deur verskaffing van doelgerigte Mikrobe-lewe uit geselekteerde suiwer bronne bestaande uit organismes wat die gewas sinergisties onder verskeie toestande beskerm teen:
a) Siektes/Patogene
b) Plae/skadelike nematodes
c) Mineralisasie van vasgelegde Plantvoedingstowwe aktiveer
Voorsiening van alle Gunstige Mikrobes, hetsy
a) Bakteriee
b) Swamme
c) Anaerobe Fakultatiewe Organismes
• Toepas van natuurlike Bio-herkenbare Fulvien- en Humiensuur-komponente
• Konsultering rakende toepaslike Dekgewasse ten einde Biologies-gebonde Koolstof-inhoud van gronde te verbeter.
• Biologiese Aalwurmbeheer toe te pas deur onderhoud van Grondbiologie-diversiteit.
Deur gebruik te maak van Gewasverbouing-bestuur in terme van die Energiebehoeftes tydens verskillende stadia van ontwikkeling en die tydige toepassing van fisiologiese proses-aktiveerders, tesame met Plantsapmetings en pH balans aktiveerders, word die Gewas se behoefte aangespreek.
Hierdie Energiebestuur word verkry uit die balanse wat 'n Funksie is van;
pH, (grond en plant biosisteem)
Elementbehoefte van die gewas en Mikrobe-lewe
Elementsamestelling van die grond
Mineralisasie-aktiwiteit van Mikrobe-lewe
Beskikbaarheid en formaat van Voeding,
Ensiemreaksie in grond-biosfeer, in Plantsap en blaar
Gewas-immuniteit en voedingstatus
Vog-/Lugbestuur,
Biofulvaat en Humaat aktiwiteit
Organiese Materiaal en mate van verwerking
Bio-Ekstrak diversiteit en
Ligenergie.
Hierdie totale Holistiese aanslag word bereik deur die tydige en gereelde monitering en meet van alle fasette in gewasverbouing. Sodoende kan data self interpreteer word en tekortkominge dienooreenkomstig aangespreek word.
Deur gebruik te maak van Biologies en Fisiologies Herkenbare voeding en Kataliste, kan Gewasse reageer indien die nodige balanse in plek is.
TRUG NA OMTRENT ONS «
NATUURLIK kan ONS op JOU PLAAS ‘n VERSKIL maak |