karabos

• Wat is TopGroei
Karabos tesame met TopGroei
• Element-balanse en Teikenvlakke
• Bio Ekstrakte

• Bereiding van Komponente
• Toedienings
Biologiese Aalwurm Beheer

 
 
 
 

 

 

FISIOLOGIESE LANDBOU



Missie

Die Produksie van Biologies geproduseerde, Voedingstofdigte, Residu-vrye Voedsel op 'n Natuurlike Fisiologiese benadering met inbegrip van Volhoubare Hulpbronne, en ondersteuning daarvan wat bydra tot 'n gesonder omgewing en samelewing.

Vissie

Die toepassing van 'n Holistiese en Geintegreerde Gewasverbouing-benadering rakende Fenologiese fasette, Bio-chemie, Epigenetika, Voeding en Mikrobiologie. Sodoende word die Produksiepotensiaal van Gewasverbouing Fisiologies en Biologies Natuurlik Ontsluit, tesame met die instandhouding en opbou van Grondvrugbaarheid en Humusstatus. Dit werk alles saam ten einde Gebalanseerde, Voedingstofdigte Voedsel Volhoubaar te produseer vir beide Produsent en Verbruiker deur optimaal gebruik te maak van die beskikbare Natuurlike en Bio-Chemiese Hulpbronne.

Doel

Die Holistiese/ Geintegreerde benadering en implementering van Doelgerigte gebalanseerde Gewasbestuurspraktyke rakende:

  • Chemiese balanse in terme van;

Grondchemie en Biochemie volgens die Grond se Spesifieke Terroir, Eienskappe en Produksievermoe, Fisiologiese gewasbehoefte vir Optimale Fotosintaatbenutting vir ALLE fenologiese stadia soos:

a) Vegetatiewe wortel en loofgroei
b) Reproduktiewe fase
c) Blom- en Vruginisiasie
d) Bevrugting/Set/Knolinisiasie
e) Seldeling en Vergroting
f) Rypwording/Oes
g) Na-oes, en Fotosintaatreserwe benutting

Mikrobe-aktiwiteit behoefte in Grond en in Sinergisme met die Gewas ten-einde Volhoubaarheid te verseker
Herstel van balanse van Makro- EN Mikro-elemente ten einde sinergisme
tot volhoubare opbrengste te verseker.
Neem en interpretasie van grond- en plantdata rakende chemiese analises.

  • Bestuur die balanse van Verbouings- en Grondbestuursfisika rakende

Grondwaterbestuur
Invloed van Gronddigtheid op Porie-grootte, Grondwater, Grondlug, en Gaswisseling
Bewerking
Grondreaksie en pH-balans-aktiwiteite
Grondstruktuur/ Dreinering en Loging
KUV balanse
Beperk die uitloog van Stikstof voedingstowwe
Vaslegging van Ongewenste soute

LEES MEER «

            

NATUURLIK kan ONS op JOU PLAAS ‘n VERSKIL maak

Wat is TopGroei

TopGroei behels ‘n Dinamiese Wetenskap, rakende: “WAT IS LEWE???”

TopGroei word vervaardig en geformuleer onder streng beheer en kwaliteitskontrole, op so 'n wyse dat die Volhoubaarheid van Hulpbronne verseker word. Dit het tot gevolg dat die langtermyn vergiftiging van gronde en plantgewasse van die verlede verder voorkom en beperk word.

LEES MEER «

 

Addisionel Dienste en Produkte

LEES MEER «

 

2010 Copyright (c) www.karabos.co.za. All rights reserved. Design by Studio Azul